Rekords spat by eerste wildveilings

Date:

08 April 2011

Read:

31 0,0,1,0,0,0,0

Print

VAALWATER - Mapatamacha wildsentrum tussen Vaalwater en Melkrivier het die wildsveilingseisoen goed afgeskop met twee suksesvolle veilings direk na mekaar. In dié maatskappy se eerste veiling op 26 Maart 2011 is 2 SA Rekords behaal vir teeltroppe met rooibokooie wat R2700 stuk gehaal het en koedoe familiegroepe wat 4800 stuk gehaal het. ‘n Rooibokram het vir R7250 verkoop.
  ‘n Livingston Eland is vir R45 000 verkoop, ‘n koedoebul vir R22 000, 4-5 jaar oue renosters is verkoop vir R350 000 stuk en kameelperde vir tot R21 000.
  ‘Met ‘n omset van R9,1 miljoen was dit seker ons beste veiling nog,’ sê Marietjie Keyter van Mapatamacha.


  Maar verlede naweek het die wildsentrum sy tweede veiling van die jaar in samewerking met Vleissentraal Bosveld aangebied en weer is alle verwagtinge oortref.
   Tydens verlede Saterdag se veiling is Blesbok teelgroepe verkoop teen R1840 stuk, Eland bulle tot R13 500 en Blouwildebees teelgroepe tot R6000.
‘Ons is baie tevrede en sien uit na ons volgende veiling op 30 April,’ sê Marietjie. Sy noem ook dat een van die hoogtepunte van die jaar, die produksieveiling van Shambala Privaat Natuur Reservaat  en wildteelsentrum, op 7 Mei by Mapatamacha aangebied gaan word.
  ‘Ons is baie opgewonde hieroor, almal ken Shambala se kwaliteit diere en omdat hulle net elke twee jaar ‘n produksieveiling hou is dit een van die wildbedryf se mees gesogde veilings,’ sê Marietjie. – LiN Nuus/Bosveld Bulletin

to comment you need to login first - Login

Drakies hou ’n netbalpartytjie

21 June 2013
Sport: HOEDSPRUIT - Prrt! Voor die volgende voetfout, hantering, obstruksie of kontakfoute kon insluip was die Drakies se Netbalseisoen 2013 iets van die verlede. Dié netbalafskeid is gehou om dankie te sê aan al die afrigters en spelers vir ‘n uiterse suksesvolle seisoen.
28 0 Comments

Drakies laat geld inrol

15 October 2010
Sport: Die Drakies hou ‘n baie suksesvolle entrepeneursdag die laaste skooldag voor die vakansie. Die kinders het die groot verskeidenheid aktiwiteite terdee geniet! ´n Ieder en elk wou die Gr.7’s se spookhuis bywoon, maar die Gr. 1’s se waterwurm was die suksesvolste.
50 0 Comments

Hoedspruit Pre-Primer word 32

22 February 2013
News: HOEDSPRUIT - Op 2 Februarie 2013 het Hoedspruit Pre-Primer ‘n hele 32 jaar jonk geword. Die geleentheid is op 15 Februarie gevier met ‘n atletiek-aand waarby kinders en ouers aan die pret kon deelneem. Die aand het afgeskop met die doodblaas van kersies op ‘n tamaai groot koek (1m x 1m!), gemaak deur Lizelle Willemse van Lollipops. Daarna het die groot sports begin! Die kinders het dit terdee geniet en die ouers het heerlik gekul deur hul kinders te dra tydens die driebeen-resies.
53 0 Comments

Drakies spog met nuwe vere

11 March 2011
Sport: Die hekkies, wegspringblokke en werpskywe het plek gemaak vir tekkies, balle en netbalpale. Die seuns is hard besig om te skrum en hul skoppe te oefen en die dogters oefen hard aan hul doele.
49 0 Comments

Site Navigation